Local newsNews

1984/85 Bijler matrieks kuier eersdaags saam

Altyd lekker om weer in skoolmaats vas te loop, soveel te meer as dit 'n hele naweek se kuier behels.

VANDERBIJPARK – Na hul suksesvolle 40-jaar-reünie in 2025, het die 1985-matriks van die Hoërskool Vanderbijlpark besluit dat hulle dit hierdie jaar weer doen.

Die keer nooi hul ook die 1984 matrikulante uit om saam te kuier.

Sanet Reyneke sê: “Vir baie van ons het 41 en 42 jaar verbygevlieg, maar een ding bly dieselfde: die herinneringe, die vriendskappe en daardie spesiale band van ons skooldae.

“Hierdie gaan nie net ‘n kuier wees nie – dit gaan weer ’n geleentheid wees om saam te lag, herinneringe op te haal en nuwe herinneringe te maak.”

Die groot kuier vind van 4 – 6 September 2026 by die Ingwe Lodge in Vanderbijlpark plaas. Bijlers van die 1984 en 1985 matriekgroepe wat nog nie hul name op die bywoningslys het nie, moet dit asseblief so gou moontlik doen.

Kontak Johan van Tonder by 074 314 6658, Anne Albertse by 084 209 6007 of Christene by 083 598 9902.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button