Burnouts was oudergewoonte deel van die dag se verrigtinge. Foto: Elsje Vermeulen
VANDERBIJLPARK – Centurions MC Vaal se Bonfire & Sherry Fees word jaarliks by hul klubgronde in Shakespearestraat aangebied en vanjaar was dit weer eens ‘n groot sukses.
Sowat 660 volwassenes het die fees bygewoon, asook heelwat kinders (wat nie betaal het om deel te wees van die pret nie).
Die hekke was reeds om 10:00 geopen. Daar is deur die dag lekker saam gekuier terwyl Andries Botha tussendeur op die verhoog was.
Daar was ook lekker kosse en drank te koop, asook ‘n paar interessante stalletjies.
Die groot bonfire is soos oudergewoonte om 17:00 aangesteek, waarna daar saamgesing is rondom die vuur.
Terwyl die vuur tot laataand gebrand het, is daar verder saam gekuier en nuwe herinneringe gemaak.
Nog foto’s in Vrydag se Vaalweekblad.
Foto’s: Elsje Vermeulen
Die bonfire het tot laataand gebrand terwyl daar verder saam gekuier is.
Motorfietsgeesdriftiges het van heinde en verre Saterdag hul weg na die Centurions-klubhuis gevind.
Andries Botha het lekker gerock!
Die hout was reeds vroeg gepak. Feesgangers wag geduldig vir die groot oomblik.
Die bonfire is om 17:00 aangesteek.
Motorfietsgeesdriftiges het van heinde en verre Saterdag hul weg na die Centurions-klubhuis gevind.
Burnouts was deel van die dag se verrigtinge.
Daar is lekker op die dag saamgekuier en nuwe herinnering gemaak saam met ou en nuwe vriende.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za