Local newsNews

Jongspan geniet vakansie by Fontein Gemeente

Die Julie vakansie is 'n lang vakansie. Gelukkig is daar vakansieprogramme wat die kinders besig hou. Sasolburg Fontein Gemeente s'n was 'n trefer.

SASOLBURG – Die NG Fontein Gemeente het ʼn Avontuurweek van 29 Junie – 2 Julie aangebied.

Die tema was lig en 75 kinders het aan die besondere vakansieprogram deelgeneem, terwyl vier volwassenes elke dag uitgehelp het. Van die tieners het ook ingespring om die woelige avonturiers in toom en gelukkig, te hou.

Dis mos nou lekker… ‘n Mens kry nie elke dag die kans om saam met ‘n brandweerlid te “werk” nie. Foto: Chirna Kruger

Daar is elke dag ʼn ander kunsaktiwiteit aangebied saam met speletjies en Bybelstudie.

Maandag is daar vlytig kleilampies en blikliggies gemaak. Die jongspan was baie opgewonde toe hul kerse kon giet met was en ys.

Die volgende dag is daar kaleidoskope gemaak en speletjies gespeel. Die kinders het groot pret met skeerroom en chips gehad en ʼn hele paar moes die aand gaan hare was het.

Woensdag het almal soos vuurvliegies aangetrek om hul liggies te laat skyn. Almal het ook ywerig hul week se kunswerke klaargemaak en skaduweepoppe gepraktiseer.

Die woelige avonturiers leer hoe die brandweer werk. Foto: Chirna Kruger

Die grootste lekkerte was egter die laaste dag. Daar is stokbrood gebraai en die brandweer het kom kuier.

Die kinders het dit baie geniet en het selfs die kans gekry om saam met de brandweerpersoneel water te spuit.

Voor almal finaal gegroet het, het elkeen ʼn kersie gekry. Die kerse is een vir een aangesteek om te wys dat mense hul lig na die wêreld toe moet versprei.

Chirna Kruger sê: “Ons was mildelik geseën. Ons het verskeie borge gekry en die Ring se finansiële bydrae het baie gehelp om die Jeugsorg kinders en ander kinders se geld te betaal.”

Sy het ook namens die organiseerders die kerk se personeel bedank vir hul hulp, met ʼn spesiale dankie vir Ds. Altus Carstens wat elke dag die Bybelstudie gelei het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button