Local newsNews

Ma en dogter duo ryg skoonheidstitels in

Michelle en Michaela Blignaut. Dié ma en dogter duo inspireer mekaar om nuwe hoogtes te bereik in elke skoonheidskompetisie en liefdadigheidsprojek wat hul aanpak.

VANDERBIJLPARK – Michaela dra tans die kroon as Miss Reinas World International. Die kompetisie is ’n internasionale platform wat vroue bemagtig om met doelgerigtheid te lei, ’n verskil in hul gemeenskappe te maak en ander te inspireer.

Sy sê: “As die huidige International Queen gee hierdie titel my die geleentheid om my stigting verder uit te bou, my impak te vergroot en bewusmaking te skep vir die saak waarvoor ek ’n passie het.

“Dit bied ook vir my die kans om nuwe dinge te leer, as mens te groei, nuwe mense en kulture te leer ken en myself voortdurend uit te daag om die beste weergawe van myself te wees.”

Sy is ‘n trotse Vaaldriehoeker wat haar laerskooldae by Laerskool Emfulenipark deurgebring het en verlede jaar aan die Hoërskool Transvalia gematrikuleer het.

Michaela het ses jaar gelede met modelwerk begin. Haar ma se kroning as Mrs. Gauteng in 2022 het haar inspireer en sy het sedertdien ook ‘n passie vir die modelwêreld ontwikkel.

Sy is baie lief vir diere en droom al van kindsbeen af om ‘n veearts te word. Dit is nie net ’n beroep vir haar nie, dit is haar roeping. Dit is ook een van die redes hoekom sy die Blossom Foundation tot stand gebring het.

Die fokus daarvan is om beide mense én diere te ondersteun. Sy glo hulle welstand is met mekaar verbind.

“Deur Blossom Foundation bied ek liefde en ondersteuning op verskillende maniere, soos Instagram Live-gesprekke, gemeenskapuitreike en donasieprojekte. My visie is om gemeenskappe te koester en mense te inspireer om ook ’n verskil te maak.

“Ek glo dat wanneer ons met liefde saadjies van hoop plant en mekaar ondersteun, sal ons gemeenskappe uiteindelik blom—en dit is presies waar die naam Blossom Foundation vandaan kom,” vertel sy.

Michaela se ma, Michelle, is onlangs in Midrand as Mrs. Cosmo SA gekroon en gaan Suid-Afrika in Augustus in Yangon, Myanmar, verteenwoordig.

“Om Mrs. Cosmo SA te wees, beteken soveel meer as om ’n kroon te dra. Dit gaan daaroor om ‘Beauty in care, life in love’ uit te leef deur met deernis te lei, ander te inspireer en ’n positiewe verskil in mense se lewens te maak,” sê Michelle.

Sy het besluit om aan die kompetisie deel te neem omdat sy ’n blywende nalatenskap wil bou en ’n positiewe rolmodel vir haar dogters wil wees.

“Ek wil vir hulle wys dat dit nooit te laat is om jou drome te volg nie en dat harde werk, deursettingsvermoë en geloof enige droom moontlik kan maak.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button