News

Warm borde kos bring hoop!

Projekte soos die maak ’n tasbare verskil in mense se lewens - dit is baie meer as net 'n bord kos.

VANDERBIJLPRK – Die Nuwe Lewe Gesinskerk het gister pure omgee in aksie gewys deur meer as 100 borde warm kos aan behoeftiges uit te deel.

Benewens die maaltye is daar ook warm komberse en mussies uitgedeel om die snerpende winterkoue te help verdryf.

Die kerk het sy opregte dank uitgespreek teenoor elkeen wat die projek moontlik gemaak het.

“Julle opofferings, liefde en bereidwilligheid om te dien, maak ’n tasbare verskil in mense se lewens. Julle bring nie net kos en warmte nie, maar ook hoop, waardigheid en die liefde van Jesus,” lui ’n boodskap op die kerk se Facebook-blad.

“Julle is werklik staatmakers in God se Koninkryk. Baie, baie dankie! Mag die Here elkeen van julle ryklik seën vir die verskil wat julle maak.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button