Help Vaalpets om Snowy te help
Snowy wag al jare om aangeneem te word. Andersins is sy 'n tevrede en gelukkige hond. Onlangs het sy seergekry en nou kort Vaalpets hulp.
VANDERBIJLPARK – Snowy is ses jaar oud en is een van die honde by Vaalpets Rescue Centre. Nie sommer enige hond nie. Sy is al ʼn paar jaar daar en een van die personeel se gunstelinge.
Ongelukkig het sy onlangs haar agterbeen seergemaak en moes sy ʼn gespesialiseerde ortopediese operasie (Tibial Plateau Leveling Osteotomy) ondergaan om ‘n geskeurde kraniale kruisband in die knie te herstel.

Die operasie was suksesvol en Snowy word nou rustig gehou om seker te maak dat sy volkome herstel.
Danielle van Rooyen sê: “ We are so happy to share that Snowy came through the surgery successfully! She is currently resting, healing, and showing the brave spirit that makes us all love her so much.”
Almal is dankbaar dat Snowy gaan herstel, maar dit het Vaalpets met ʼn rekening van R32 000 gelaat.

As ʼn nie-winsgewende organisasie wat na by die 150 honde omsien, is hierdie ʼn groot berg wat hul moet uitklim.
Hulle het ʼn back-a-buddy rekening gestig om fondse in te samel om die rekening te betaal en ook om kostes te dek vir opvolgondersoeke.
