News

7 ELM-werkers vasgetrek deur Gautengse Taakspan

Daar word verwag dat al sewe werkers Maandag, 24 Augustus, hul eerste verskyning in die hof sal maak. 

VANDERBIJLPARK – Die Gautengse Taakspan vir Politieke Moorde (PKTT) het sewe werknemers van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit in hegtenis geneem in verband met bewerings van bedrog, diefstal en die fisieke peuter met noodsaaklike infrastruktuur.

Die inhegtenisnemings volg op ‘n operasie wat Vrydag, 21 Augustus, in Vanderbijlpark uitgevoer is en waartydens vyf werknemers gearresteer is. Nog twee werkers is vanoggend tydens ‘n opvolgoperasie vasgetrek.

Die betrokke munisipale werkers is in die Inkomste- en Elektrisiteitsdepartemente werksaam.

Voorlopige ondersoeke dui daarop dat die beskuldigdes ‘n skema bedryf het waarin hulle hulself as gemagtigde beamptes voorgedoen het wat elektrisiteitstoevoer kon herkoppel wat vantevore deur die munisipaliteit gestaak is. 

Kliënte moe glo geld direk in dié werknemers se bankrekeninge inbetaal, waarna die onwettige herkoppeling van elektrisiteit gedoen is.

Die Gautengse PKTT beklemtoon dat hulle sal voortgaan om te verseker dat diegene wat hul posisies vir persoonlike finansiële gewin misbruik, vervolg word.

Die ondersoek duur voort en verdere inhegtenisnemings word nie uitgesluit nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button