Driehoek se Cheerleaders seëvier
Die Hoekies se Cheerleaders glo aan spanwerk en dissipline. Kombineer dit saam met baie ure se oefen en dis 'n wenkombinasie.
VANDERBIJLPARK – Die Hoërskool Driehoek se Cheerleaders het weer geskitter by Show Your Talent 2026.
Die span is bekend vir hul harde werk om elke beweging te vervolmaak en hul harde werk is beloon toe hul weer as die Show Your Talent-wenners gekroon is.
Wat die prestasie so besonders maak is dat hul nou vir die vierde jaar in ʼn ry die goud huis toe gebring het.

Hoërskool Driehoek het op hul Facebookblad die Cheer Leaders gelukgewens en dankie gesê vir Chantel van CK Dance Studio en juffrou Megan Pretorius vir hul harde werk, passie en toewyding aan die cheerleaders.

“Baie geluk aan elke Hoekie wat deur die jare deel van hierdie besondere prestasies was. Julle maak ons ongelooflik trots!”
