News
Sewe Rippies gekies vir Vaaldriehoekspan
Die jong atlete gaan hul streek teen die land se bestes verteenwoordig.
MEYERTON – Sewe leerders van Laerskool Republiek is gekies om Atletiek Vaaldriehoek (AVT) volgende maand by die ASA-landloopkampioenskappe te verteenwoordig.
Hulle is Anruché Roux, Stiaan Austin, Anja Brits, Reghardt Austin, Amorey Dicks, Jo-Anelle Lourens en Anthony Gouws.
Die kampioenskappe vind op 5 September by Curro Hazeldean plaas.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
