News

Maan lewer vroegoggendskouspel op

’n Seldsame maansverduistering het vroegopstanders met ’n asemrowende skouspel beloon.

Die maan het Vrydagoggend ’n besondere skouspel oor die Vaaldriehoek opgelewer, hoewel die lig van dagbreek dit later begin verdof het.

Die aarde se donker skadu het omstreeks 04:33 oor die maan begin beweeg. Die verduistering het kort ná 06:10 sy maksimum bereik, toe sowat 93% van die maan se deursnee bedek was.

Vaalweekblad het dié seldsame hemelskouspel op kamera vasgevang.

Het jy ook vroeg opgestaan om dit te aanskou? Deel gerus jou beste foto’s in die kommentaar, of stuur dit aan christiaan@mooivaal.co.za en laat weet waar dit geneem is.

Die laaste deel van die maansverduistering was steeds sigbaar nadat die son opgekom het, hoewel die daglig die maan verdof het. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button