News

Groot Kersboom uit Meyerton-gesin se tuin gesteel

Die diefstal plaas ’n demper op ’n vier jaar lange Kersfeestradisie.

MEYERTON – ’n Gesin in Buhnerstraat vra inwoners om op die uitkyk te wees vir ’n groot Kersboom wat volgens hulle vroeg Maandagoggend, 23 November, uit hul voortuin gesteel is.

Madelein le Grange sê die boom was in die grond vasgeslaan.

Volgens haar kan ’n mens omstreeks 03:50 ’n voertuig op die klankbaan van die veiligheidskamera-opname hoor.

Sy vermoed die boom is met ’n voertuig weggeneem omdat dit te swaar is vir een mens om te dra.

Hy is te swaar om te kan optel om mee te kan loop. Jy moet ten minste twee wees OM om hom te dra.

Madelein La Grange

Le Grange sê die gesin versier al vier jaar hul voortuin vir Kersfees. Hulle sit liggies en sierbokkies in die rotstuin op, en mense kom neem foto’s van die uitstalling.

“Dit is eintlik sleg om te dink mens maak jou erf en goed so mooi op vir kinders en so. Dan kom ongewenste elemente, dan kom vat hulle dit net,” sê sy.

Volgens Le Grange het haar man, Kobus, reeds foto’s van die boom by plaaslike skrootwerwe gaan wys.

Enigiemand wat die boom gesien het of weet waar dit kan wees, kan Le Grange by 083 417 2745 kontak.

Die Kersboom was deel van die Le Grange-gesin se jaarlikse Kersuitstalling in hul voortuin in Meyerton. Foto verskaf deur Madelein le Grange.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button