‘Kerskarnaval’ kersbome kan stewige pryse wen
Moenie gras onder jou voete laat groei nie, aansoeke om deel te neem sluit Vrydag, 27 November.
VANDERBIJLPARK – Kreatiewe inwoners het die geleentheid om pret te hê en ’n kans te staan om te wen!
Vaal Mall doen ’n beroep op skole, besighede, nie-winsgewende organisasies en gemeenskapslede om kreatief te raak en vir sy jaarlikse Kersboom-kompetisie in te skryf.
Vaal Mall-geskenkbewyse ter waarde van R37 500 en ander opwindende geskenkbewyse is in die verskillende kategorieë op die spel.
Vanjaar se tema, Kersfeeskarnaval (Christmas Carnival), moedig deelnemers aan om buite die boks te dink en kleurvolle, treffende Kersbome te skep wat die pret, opwinding en towerkrag van ’n karnaval-geïnspireerde Kersfees vasvang.
Inskrywings moet tussen 1,5 en 3 meter hoog wees en die Kerskarnaval-tema weerspieël.
Almal is welkom om deel te neem, wat dit ’n wonderlike geleentheid maak vir skole, besighede, organisasies en individue om hul kreatiwiteit ten toon te stel en deel te wees van Vaal Mall se feestelike vieringe.
Deelnemers sal meeding om die volgende pryse:
- Eerste plek: R15 000 Vaal Mall-geskenkbewys
- Tweede plek: R10 000 Vaal Mall-geskenkbewys
- Derde plek: R5 000 Vaal Mall-geskenkbewys
Daar sal ook ’n wenner in die skoolkategorie en ’n Publieke Keuse-wenner wees. Die Publieke Keuse-wenner voeg ’n ekstra element van opwinding by en gee kopers die geleentheid om hul gunsteling-Kersboom te kies.
Ná die amptelike beoordeling en aankondiging van die wenners, sal stemming op 7 Desember open en die Publieke Keuse-wenner sal op 18 Desember aangekondig word.

Hoe om in te skryf
Vra ’n amptelike aansoekvorm aan deur ’n e-pos aan Nicola Kotze by nicola@emergemarketing.co.za te stuur.
Aansoeke sluit op 27 November en geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.
Alle voltooide Kersbome moet teen 1 Desember by Vaal Mall afgelewer word.
Beoordelaars
’n Onafhanklike paneel van beoordelaars sal die inskrywings op 2 en 3 Desember evalueer, en die eerste-, tweede- en derdeplekwenners, asook die wenner in die skoolkategorie, sal amptelik op 4 Desember aangekondig word.
Kerskarnaval
Sodra dit opgerig is, sal die pragtige Kersboom-skeppings gedurende Desember die wandelgange regdeur Vaal Mall versier as deel van Vaal Mall se Kerskarnaval-vieringe.