Photo GalleriesSportSportSport

Speke sing by fietswedren

VANDERBIJLPARK. – Guglielmi Massimo (1:51:11) het Saterdagoggend die jaarlikse Century Electrical-fietswedren oor 80km gewen, nadat hy net-net vir Gerhard Falch (1:51:12) en Mathys Koekemoer (11:51:12) in ‘n naelrit-einde uitgestof het. Dit is vanjaar die 14de keer wat die fietswedren plaasgevind het. Die ryers het mekaar opgekeil en die feit dat die eerste 20 stelle wiele …

VANDERBIJLPARK. – Guglielmi Massimo (1:51:11) het Saterdagoggend die jaarlikse Century Electrical-fietswedren oor 80km gewen, nadat hy net-net vir Gerhard Falch (1:51:12) en Mathys Koekemoer (11:51:12) in ‘n naelrit-einde uitgestof het.
Dit is vanjaar die 14de keer wat die fietswedren plaasgevind het.
Die ryers het mekaar opgekeil en die feit dat die eerste 20 stelle wiele die wenstreep in ‘n tyd van 1:51:17 oorgesteek het, getuig daarvan.
Die gemiddelde spoed van ryers was 43.3km/h, met die Falch wat 43.17km/h getrap het.
Die vroue-wedren is deur Chané Jonker (1:51:16) gewen. Sy het ook algeheel agtste geëindig. Zani Rossouw en Piet Laubscher (1:51:20) was die eerste tandem-span oor die wenstreep. In die 40km-wedren het Wayne van der Walt in ’n tyd van 1:00:28 koning gekraai, gevolg deur Boela van Staden (1:00:29) en Daniel Coetzer (1:04:54).
Natalie Long(1:04:58) van die Hoërskool Transvalia het die vroue-wedren gewen. Sy het ook algeheel sesde geëindig.

Aksie tydens die jaarlikse Century Electrical fietswedren wat in Vanderbijlpark plaasgevind het. Foto: Ettienne van Rensburg
Aksie tydens die jaarlikse Century Electrical fietswedren wat in Vanderbijlpark plaasgevind het. Foto: Ettienne van Rensburg

IMG_53231_21_0_47883092 (Large)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button