Photo GalleriesSportSportSport

Speke sing te lekker

Ettienne van Rensburg VANDERBIJLPARK. – Die Powerade Summer Challenge oor 40- en 60km het Sondagoggend goeie fietsry opgelewer. Stringe deelnemers het douvoordag aangetree om die lang, oop pad aan te durf. Sommige se aanslag het vroeg gesneuwel weens meganiese probleme en ander het vasgebyt en deurgedruk. Die uitslae van die onderskeie wedrenne was teen druktyd …

Ettienne van Rensburg
VANDERBIJLPARK. – Die Powerade Summer Challenge oor 40- en 60km het Sondagoggend goeie fietsry opgelewer.
Stringe deelnemers het douvoordag aangetree om die lang, oop pad aan te durf. Sommige se aanslag het vroeg gesneuwel weens meganiese probleme en ander het vasgebyt en deurgedruk.
Die uitslae van die onderskeie wedrenne was teen druktyd nie beskikbaar nie. Vir die uitslae kontak Wimpie van Niekerk by 083 460 9338 of stuur ‘n e-pos aan wimpie.vanniekerk@arcelormittal.com. Die Powerade New Years-wedren oor dieselfde afstand is op 7 Januarie ook by Stonehaven-on-Vaal aangebied.
Die volgende wedrenne word daar aangebied:
4 Februarie: Valentines Day Cycle Challenge, 4 Maart: Powerade Argus Count Down Challenge, 8 April: Powerade Easter Cycle Challenge, 23 April: Powerade Autumn Challenge, 20 Mei: Powerade Winter Challenge, 3 Junie: Stonehaven Winter Challenge, 17 Junie: Countrywide Medals Youth Day Challenge, 1 Julie: Countrywide Medals Winter Cycle Challenge, 29 Julie: Powerade 2 Provinces, 2 September: Countrywide Medals Summer Challenge, 7 Oktober: Powerade Challenge, 2 Desember: Powerade Wind Down Challenge en 9 Desember: Countrywide Medals Christmas Challenge.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button