Photo GalleriesSportSportSport

Valia se bekerdroom verpletter

JOHANNESBURG. – Hartverskeurend. Dit is hoe die Hoërskool Transvalia se naelskraapse nederlaag vanmiddag met 34-33 teen Helpmekaar Kollege in die halfeindronde van die Virsekerbeker vir eerste spanne  beskryf kan word. Valia het ‘n rustyd-agterstand van 20-12 uitgewis en het enkele minute voor die einde nog met 33-27 voorgeloop. Helpmekaar het met ‘n drie in die …

JOHANNESBURG. – Hartverskeurend. Dit is hoe die Hoërskool Transvalia se naelskraapse nederlaag vanmiddag met 34-33 teen Helpmekaar Kollege in die halfeindronde van die Virsekerbeker vir eerste spanne  beskryf kan word.

Valia het ‘n rustyd-agterstand van 20-12 uitgewis en het enkele minute voor die einde nog met 33-27 voorgeloop. Helpmekaar het met ‘n drie in die doodsnikke van die kragmeting by die agterdeur ingeglip om sy plek in die eindstryd te bespreek. Helpmekaar kom eerskomende Saterdag in die eindstryd teen Monument op die LC de Villiers-stadion in Pretoria te staan. – Lees in Vaalweekblad van 15 Augustus die volledige wedstrydverslag  

Damian Jordan van Transvalia op die aanval. Foto: Johan Orton

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button