Gimmies slyp vir Inter
Ettienne van Rensburg VEREENIGING. – Die hemelse sluise het Vrydagmiddag in die Vaaldriehoek oopgegaan, met gevolg dat die meeste van die atletiekbyeenkomste uitgereën het. Die reëngode was egter Vereeniging Gimnasium se vriendskaplike byeenkoms teen die Hoërskool Hugenote van Springs genadig. Die byeenkoms het heelwat skitter- vertonings opgelewer en dinge lyk goed so vroeg in …

Ettienne van Rensburg
VEREENIGING. – Die hemelse sluise het Vrydagmiddag in die Vaaldriehoek oopgegaan, met gevolg dat die meeste van die atletiekbyeenkomste uitgereën het.
Die reëngode was egter Vereeniging Gimnasium se vriendskaplike byeenkoms teen die Hoërskool Hugenote van Springs genadig.
Die byeenkoms het heelwat skitter- vertonings opgelewer en dinge lyk goed so vroeg in Gimmieland. Die Hoërskool Dr. Malan se byeenkoms het heeltemal weggespoel, met gazebo’s en kleiner staalpawiljoene wat omgewaai het. Atlete, ouers en onderwysers van so ver as Potchefstroom en Klerksdorp moes ook die knie voor die swaar weer buig en terugkeer huis toe. Die Laerskool Eligwa se wegbyeenkoms het ook uitgereën.


























