MotoringPhoto GalleriesSportSportSportSport

Ses Valies op pad Mauritius toe

VANDERBIJLPARK. – Die Vaaldriehoek spog met ses atlete wat Atletiek Suid-Afrika se voorlopige span gehaal het wat later vanjaar in Mauritius aan die CAA Afrika Kampioenskap gaan deelneem. Die Vaaldriehoekers is Marioné Fourie (110m-hekkies), Marli Dimond (800m), Marga Cumming, Alan Cumming, Tshepang Makhethe en Marinda Greyling (al vier hamergooi). Marli is tans nog agter die …

VANDERBIJLPARK. – Die Vaaldriehoek spog met ses atlete wat Atletiek Suid-Afrika se voorlopige span gehaal het wat later vanjaar in Mauritius aan die CAA Afrika Kampioenskap gaan deelneem.
Die Vaaldriehoekers is Marioné Fourie (110m-hekkies), Marli Dimond (800m), Marga Cumming, Alan Cumming, Tshepang Makhethe en Marinda Greyling (al vier hamergooi).
Marli is tans nog agter die skoolbanke by die Hoërskool Transvalia en Marioné is ‘n oudleerling van die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark. Tshepang en Marinda is onderskeidelik produkte van die HTS Sasolburg en die Hoërskool Sasolburg.
Die sibbe Alan en Marga is albei studente aan die Noordwes-Universiteit se Vanderbijlparkkampus en gee ook skool in die Vaaldriehoek. Marioné is tans die SA senior vrouehekkies-kampioen en Alan, ‘n onderwyser aan die Hoërskool Driehoek, is die SA senior mans hamergooikampioen.

Marioné Fourie

Marli Dimond

 

Tshepang Makhethe
Marga en Alan Cumming
Marinda Greyling

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button