MotoringPhoto GalleriesSportSportSportSport

Spanners vs Kapoeners 2022 is hier!

SASOLBURG.- Vrydagaand (20 Mei) gaan die kalk en hare waai wanneer die eerste rugbyspanne van die HTS Sasolburg en Sasolburg Hoërskool mekaar om 20:00 op die DP de Villiers-stadion die stryd aansê. Die FNB Classic Clash is jaarliks ‘n skouspel en ‘n hoogtepunt op die twee skole se sportkalender. Oud-leerlinge, skoliere, vriende, rugbyliefhebbers en ouers …

SASOLBURG.- Vrydagaand (20 Mei) gaan die kalk en hare waai wanneer die eerste rugbyspanne van die HTS Sasolburg en Sasolburg Hoërskool mekaar om 20:00 op die DP de Villiers-stadion die stryd aansê.

Die FNB Classic Clash is jaarliks ‘n skouspel en ‘n hoogtepunt op die twee skole se sportkalender. Oud-leerlinge, skoliere, vriende, rugbyliefhebbers en ouers stroom jaarliks in om te sien wie die rugbykroon van Sasolburg gaan dra.

Die Big Brag wat voor die hoofwedstryd plaasvind, is ‘n trotse tradise en ook een van die groot trekpleisters.

Die HS Sasolburg se eerste rugbyspan het ‘n appeltjie te skil met die Spanners. 
Die Spanners se eerste rugbyspan wil Vrydagaand sy wenrekord teen die HS Sasolburg verbeter.

 

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button