MotoringPhoto GalleriesSportSportSportSport
Blonde blits van die Vaal wys haar staal
VANDERBIJLPARK. – Die Vaaldriehoek en Suid-Afrika is nog ‘n medalje ryker nadat Marione Fourie gister ‘n bronsmedalje in die 100m-hekkies by die Afrika-Kampioenskap in Mauritius verower het. Marioné is ‘n oud-leerling aan die Hoërskool Driehoek en het in ‘n puik tyd van12.82s derde oor die eindstreep geblits, kort op die hakke van van haar teenstanders. …

VANDERBIJLPARK. – Die Vaaldriehoek en Suid-Afrika is nog ‘n medalje ryker nadat Marione Fourie gister ‘n bronsmedalje in die 100m-hekkies by die Afrika-Kampioenskap in Mauritius verower het.
Marioné is ‘n oud-leerling aan die Hoërskool Driehoek en het in ‘n puik tyd van12.82s derde oor die eindstreep geblits, kort op die hakke van van haar teenstanders. Dit volg nadat Alan Cumming, ‘n onderwyser aan die einste Hoërskool Droehoek, vroeër vandeesweek as die Afrika-hamergooikampioen gekroon is. Die kampioenskap vind van 8 tot 12 Junie plaas.

