MotoringPhoto GalleriesSportSportSportSport
VRK baas op Boelapark
VEREENIGING. – Die Vereeniging Rugbyklub se eerste rugbyspan het vanmiddag op Boelapark NWU Vaal in ‘n klipharde kragmeting in die Valke Peregrine-liga met 26-17 geklop. Dié plaaslike derby het honderde toeskouers gelok en het aan alle verwagtinge voldoen. NWU Vaal wou graag die bordjies verhang nadat hy vroeër die seisoen op tuisveld met 18-14 die …

VEREENIGING. – Die Vereeniging Rugbyklub se eerste rugbyspan het vanmiddag op Boelapark NWU Vaal in ‘n klipharde kragmeting in die Valke Peregrine-liga met 26-17 geklop.
Dié plaaslike derby het honderde toeskouers gelok en het aan alle verwagtinge voldoen. NWU Vaal wou graag die bordjies verhang nadat hy vroeër die seisoen op tuisveld met 18-14 die knie gebuig het. Hoewel NWU Vaal in die tweede helfte verwoed teruggeveg het, het die tuisspan soos Trojane verdedig om die besoekers tot oorgawe te dwing.






