MotoringPhoto GalleriesSportSportSportSport

Sedibeng o.15’s tops by Rhino Week

VANDERBIJLPARK. – Die “eindstryde” van die Dries van Heerden Rhino Streek Rugbyweek het Saterdag op die VUT Isak Steyl-stadion rugby uit die boonste rakke opgelewer. Sedibeng het met drie spanne in die “eindstryde” van die week gespog. Sedibeng se o.15-span het die streek se naam hoog gehou toe hy die Titans met 27-5 in die …

VANDERBIJLPARK. – Die “eindstryde” van die Dries van Heerden Rhino Streek Rugbyweek het Saterdag op die VUT Isak Steyl-stadion rugby uit die boonste rakke opgelewer. Sedibeng het met drie spanne in die “eindstryde” van die week gespog. Sedibeng se o.15-span het die streek se naam hoog gehou toe hy die Titans met 27-5 in die “eindstryd” geklop het. Sedibeng se o.14’s het so amper stamper ook die wa deur die drif getrek, maar moes met 6-5 die knie teen die Griffons buig. Johannesburg Sentraal Wes is onderskeidelik as die top o.17 en o.18-span aangewys nadat hulle Sedibeng met 39-7 en die Griffons met 29-22 geklop het.

As die streekweek enigsins ‘n aanduiding is van wat vandeesweek van die Rhino Provinsiale week verwag kan word gaan rugbyliefhebbers behoorlik bederf word. Die week skop amptelik Woensdag op die VUT Isak Steyl-stadion af en al die wedstryde word regstreeks op DigiTV uitgesaai.

Diego da Silva blitsige losvoorspeler van die Sedibeng o.15 Rhinospan op die aanval. Foto: Ettienne van Rensburg
Die Sedibeng o.15 Rhino rugbyspan vier fees nadat hy die Titans in die “eindstryd” geklop het. Foto: Ettienne van Rensburg 

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button