MotoringPhoto GalleriesSportSportSport
Loopgrawe is gegrawe vir rugby-oorlog
VEREENIGING. – Op Saterdag 30 Julie gaan die grofgeskut van die Vereeniging Rugbyklub (VRK) en NWU Vaal keel skoonmaak wanneer die klubs se eerste rugbyspanne mekaar in die halfeindronde van die Valke Peregrine-liga op VRK se tuisveld die stryd aansê. VRK het die seisoen al twee keer vir NWU Vaal geklop, maar sal die slaggat …
VEREENIGING. – Op Saterdag 30 Julie gaan die grofgeskut van die Vereeniging Rugbyklub (VRK) en NWU Vaal keel skoonmaak wanneer die klubs se eerste rugbyspanne mekaar in die halfeindronde van die Valke Peregrine-liga op VRK se tuisveld die stryd aansê.
VRK het die seisoen al twee keer vir NWU Vaal geklop, maar sal die slaggat van oorgerustheid wil systap. Om na so ‘n puik seisoen oor die tweede laaste hekkie te struikel sal katastrofies wees. Die halfeindstryd sal om 16:00 afskop.


