MotoringPhoto GalleriesSportSportSportSport

Rekord ses titels in ‘n ry vir VRK se tweedes

VEREENIGING. – Die tweede rugbyspan van die Vereeniging Rugbyklub het Saterdag (16 Julie)  vir Brakpan met 45-12 geklop om vir die sesde agtereenvolgende jaar as die Kampioen in die Valke Peregrine-liga gekroon te word. Die span het die beker van 2015 tot 2019 verower. Die Covid pandemie het in 2020 en 2021 ‘n stokkie daarvoor …

VEREENIGING. – Die tweede rugbyspan van die Vereeniging Rugbyklub het Saterdag (16 Julie)  vir Brakpan met 45-12 geklop om vir die sesde agtereenvolgende jaar as die Kampioen in die Valke Peregrine-liga gekroon te word. Die span het die beker van 2015 tot 2019 verower.

Die Covid pandemie het in 2020 en 2021 ‘n stokkie daarvoor gesteek maar die Kiewiete het vanjaar weer sy liefdesverhouding met die beker voortgesit. Dit is ‘n rekord wat nie vinnig verbeter sal word nie.

Die span spog voorts met ‘n vertoningslys deurdat hy in 12 wedstryde vanjaar net een keer aan die verloorkant was 426 punte in die proses opgestapel het en slegs 64 punte afgestaan het.

Die tweede rugbyspan van die Vereeniging Rugbyklub vier fees nadat hy vir die sesde opeenvolgende jaar as die Valke Peregrine-kampioen gekroon is.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button