MotoringPhoto GalleriesSportSportSportSport

Hope talent by Rhino Weke

VANDERBIJLPARK. – Dries van Heerden, die Vader van die Rhino Winter Sportweke, se beker loop oor nadat die Rhino Week sy suksesvolle terugkeer na die Covid-19 pandemie gemaak het. Gedurende die pasafgelope skoolvakansie het Van Heerden en sy mede-organiseerder, Martin van Wyngaardt en ‘n toegewyde plaaslike reëlingskomitee drie Rhino Weke op die VUT Isak Steyl-stadion …

VANDERBIJLPARK. – Dries van Heerden, die Vader van die Rhino Winter Sportweke, se beker loop oor nadat die Rhino Week sy suksesvolle terugkeer na die Covid-19 pandemie gemaak het.
Gedurende die pasafgelope skoolvakansie het Van Heerden en sy mede-organiseerder, Martin van Wyngaardt en ‘n toegewyde plaaslike reëlingskomitee drie Rhino Weke op die VUT Isak Steyl-stadion met onderskeiding aangebied.
Die Hoërskole Streek- en Provinsiale weke was eerste aan die beurt, gevolg deur die Laerskole Streek-week wat Saterdag met die eindstryde van die week afgesluit het.
“Ek is verheug oor die gehalte van spel by die week. Dit wys daar is baie talent daar buite wat andersins misgekyk sou word,” het Van Heerden tydens die week gesê. Daar is ook ‘n Rhinospan na afloop van die laerskoleweek gekies wat in Desember in Skotland gaan toer.
Wat die eindstryde van die week betref, is die Titans as die Rhino o.13-kampioen gekroon nadat hy die Wildehonde met 31-10 in die eindstryd verslaan het.
Die Honeybadgers se o.12’s het in ‘n naelbyteindstryd die Wildehonde met 7-0 verslaan om die kroon te dra.
Die plaaslike spelers wat die toerspan gehaal het, is:
M. van Niekerk, (Emfuleni), A. Nel (Emfuleni), N. Buitendag (Midvaal), W. Maritz (Emfuleni), J. Lloyd (Midvaal) en M. Anderson (Emfuleni).

Die Honeybadgers vier fees. Foto: Ettienne van Rensburg

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button