MotoringPhoto GalleriesSportSportSportSport
Louw kook op hokkiebaan
VANDERBIJLPARK. – Mila Louw van die Hoërskool Transvalia se o.16-hokkiespan se vermoëns om doele aan te teken ken geen perke nie. Dit is weer by die Spar Uitdaaghokkietoernooi vir dogters bewys toe sy as die Top Doelskieter van die o.16-toernooi aangewys is. Dié toernooi is Saterdag op die VUT Isak Steyl-stadion se astrobaan aangebied. Die …
VANDERBIJLPARK. – Mila Louw van die Hoërskool Transvalia se o.16-hokkiespan se vermoëns om doele aan te teken ken geen perke nie.
Dit is weer by die Spar Uitdaaghokkietoernooi vir dogters bewys toe sy as die Top Doelskieter van die o.16-toernooi aangewys is. Dié toernooi is Saterdag op die VUT Isak Steyl-stadion se astrobaan aangebied.
Die HS Driehoek, HS Transvalia, Sasol HS en HS Dr. Malan is van die plaaslike skole wat hulle hokkietalente by die toernooi ten toon gestel het.




