SportSportSportSport

NWU en VRK raak slaags in halfeindronde

VEREENIGING. – Die Vereeniging Rugbyklub (VRK) kan homself daarop voorberei dat sy loopgrawe more-middag om 15:30 onder kartetse gesteek gaan word wanneer die NWU Vaal se eerste rugbyspan hom in die halfeindronde van die Valke Peregrine-liga die stryd aansê. Die studentespan het ‘n punt om te bewys nadat hy die seisoen reeds twee keer teen …

VEREENIGING. – Die Vereeniging Rugbyklub (VRK) kan homself daarop voorberei dat sy loopgrawe more-middag om 15:30 onder kartetse gesteek gaan word wanneer die NWU Vaal se eerste rugbyspan hom in die halfeindronde van die Valke Peregrine-liga die stryd aansê.

Die studentespan het ‘n punt om te bewys nadat hy die seisoen reeds twee keer teen Kiewiete vasgedraai het. Hoewel VRK die eerste kragmeting net-net met 18-14 beklink het, het hy daarna op sy tuisveld met 27-18 geseëvier.

Boelapark gaan weer volgepak wees en die studente kan hulself vir ‘n kil verwelkoming gereed maak.

*In nog ‘n plaaslike halfeindstryd kom die o.21-rugbyspan van die NWU Vaal more om 13:15 op sy tuisveld teen Springs te staan.

Vereeniging Rugbyklub en NWU Vaal se eerste rugbyspanne in aksie vroeër die seisoen. Foto’s: Ettienne van Rensburg

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button