Meer as 70 wedstryde by jeugrugby-dag
VANDERBIJLPARK. – Die Vereeniging Junior Rugbyklub in samewerking met die Vaal Universiteit van Tegnologie (VUT) bied eerskomende Saterdag op die VUT Isak Steyl-stadion ‘n jeugrugby dag aan. Die Vaaldriehoek se jeugrugby-klubs bestaan uit Vereeniging Junior Rugbyklub en Meyerton wat onderskeidelik hulle 10de en sesde bestaansjaar vier. NWU Vaal het vanjaar hulle jeugklub gestig.Jeugrugby is op …
VANDERBIJLPARK. – Die Vereeniging Junior Rugbyklub in samewerking met die Vaal Universiteit van Tegnologie (VUT) bied eerskomende Saterdag op die VUT Isak Steyl-stadion ‘n jeugrugby dag aan.
Die Vaaldriehoek se jeugrugby-klubs bestaan uit Vereeniging Junior Rugbyklub en Meyerton wat onderskeidelik hulle 10de en sesde bestaansjaar vier.
NWU Vaal het vanjaar hulle jeugklub gestig.Jeugrugby is op die been gebring om o.8 tot o.18-spelers nog geleenthede te gee. Saterdag sal Vereenging Jeugklub gasheer vir Springs, Boksburg, Benoni, Brakpan, Elsburg, Suikerbosrand, Edenvale, East Rand United, NWU Vaal en Kemptonpark speel.
Die hekke open om 07:00 en toegang beloop R10 per persoon en R10 per kar. Spelers kry gratis toegang. Daar sal ook koeldrank en kosstalletjies wees. Vir narvrae en borgskappe kontak vir Leone Coetzee by 064 902 4773.
