SportSportSportSport

VRK slyp vir Valke-eindstryd

VEREENIGING. – Die kwik is besig om te styg in die aanloop tot die eindstryde van die Valke Peregrine-liga wat eerskomende Saterdag in Springs beslis word. Die eerste rugbyspan van die Vereeniging Rugbyklub en Springs kom teen mekaar te staan terwyl NWU Vaal se o.21’s teen Brakpan in die finaal speel. Volgens Schalk Snyman, hoofafrigter …

VEREENIGING. – Die kwik is besig om te styg in die aanloop tot die eindstryde van die Valke Peregrine-liga wat eerskomende Saterdag in Springs beslis word.

Die eerste rugbyspan van die Vereeniging Rugbyklub en Springs kom teen mekaar te staan terwyl NWU Vaal se o.21’s teen Brakpan in die finaal speel.

Volgens Schalk Snyman, hoofafrigter van VRK, besef hy dat sy span Saterdag met iets “spesiaals” vorendag sal moet kom om Springs op sy tuisveld te klop.
“Die tuisveldvoordeel het ‘n groot impak en swaai die skaal in Springs se guns. Springs het baie skietgoed. Balbesit gaan baie belangrik wees. Goeie dissipline en verdediging is ook belangrik. Ons voel dat ons skade kan aanrig met ons korrelwerk pale toe as ons strafskoppe kan afdwing. Ons gaan meer na die tafel toe moet bring as ooit tevore om die tuisveldvoordeel uit te balanseer,” het Snyman op die vooraand van die eindstryd gesê.

Aksie in die halfeindstryd tussen die eerste rugbyspanne van NWU Vaal en Vereeniging Rugbyklub. Foto’s: Ettienne van Rensburg

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button