SportSportSportSport

Groot bederf vir Valies

VANDERBIJLPARK. – Daar lê ‘n groot sportnaweek vir Vaaldriehoekse sportgeesdriftiges voor propvol opwinding en gebeure. Verrigtinge skop vandag in Meyerton by die Hoërskool Dr. Malan af met die Noordvaal-hokkie uitspeelwedstryd in B-afdeling vir grootskole. Vir die volgende vyf dae gaan skole van regoor Gauteng sake uitspook. Saterdag in Meyerton gaan alle paaie na die Meyerton …

VANDERBIJLPARK. – Daar lê ‘n groot sportnaweek vir Vaaldriehoekse sportgeesdriftiges voor propvol opwinding en gebeure.

Verrigtinge skop vandag in Meyerton by die Hoërskool Dr. Malan af met die Noordvaal-hokkie uitspeelwedstryd in B-afdeling vir grootskole. Vir die volgende vyf dae gaan skole van regoor Gauteng sake uitspook. Saterdag in Meyerton gaan alle paaie na die Meyerton Knights  se hoofkwartier lei vir die halfeindronde van die Merlin-liga. Die Kinights en Cobras se eerste rugbyspanne sal sake hier uitspook. Die wedstryd  skop om 14:40 af.

In Vanderbijlpark by die Emerald Resort and Casino vind die Vaal Sports Fest Saterdag en Sondag plaas. Die Sedibeng Liggaamsbou-kompetisie vorm deel van die sportfees en die hoofvertoning skop om 17:00 af. In die Noordvaal Virsekerbeker kom Transvalia Saterdag op sy tuisveld teen Middelburg te staan. Dit is ‘n maak of breek wedstryd vir Valia se eerste rugbyspan. Dan in Sasolburg kom doe Hoërskool Sasolburg se o.15-rugbyspan in die kwarteindronde van die Noordvaal-kompetisie teen HS Wolmeransstad te staan.

Dan is daar ook die veel besproke Ulitmate Slap Fight kompetisie wat Saterdag by die Bar with No Name in Vaalpark plaasvind. Dit is die eerste keer dat dié toenooi in die Vaaldriehoek plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button