Sedibeng breek wendroogte
SEDIBENG. – Die Sedibeng mansringbalspan het onlangs tydens die SA Ringbal Kampioenskap wat in Pretoria gehou is, na 13 jaar weer die toernooi gewen. Goeie voorbereiding en kameraadskap was die sleutel tot sukses vir die span. Na Covid-19 moes almal hard werk om die sport weer op dreef te kry, maar dit was alles die …
SEDIBENG. – Die Sedibeng mansringbalspan het onlangs tydens die SA Ringbal Kampioenskap wat in Pretoria gehou is, na 13 jaar weer die toernooi gewen.
Goeie voorbereiding en kameraadskap was die sleutel tot sukses vir die span.
Na Covid-19 moes almal hard werk om die sport weer op dreef te kry, maar dit was alles die moeite werd.
Die dames A-span, meester mans en dames- en veterane-spanne het puik gevaar en die volgende spelers en skeidsregters het hul SA-kleure verwerf.
Skeidsregters: Klue Groenewald (sr.) en Klue Groenewald (jr.).
Ringbal SA-mansspan: Johan Lubbe, Marcel Odendaal. Ringbal
SA Uitnodinging-mansspan: Jaco de Villiers, Roan Mostert, Louis Freckleton. President Dames: Diana Venter.
President Uitnodiging-mansspan: Christo de Klerk.
President Mans:
Ruveix de Bruyn, Ashley van Niekerk, Matthew Erasmus en Bernard Janse van Rensburg.
Ringbal SA o.17 Uitnodiging seuns: JB van Niekerk.
Veterane Mans: President Mans: Alex MacLean, Lesley van Niekerk.
Ringbal SA Uitnodiging mans: Willie Swart.
* Sedibeng sal gasheer wees vir Ringbal SA se Vertoonwedstryde en Gala-aand wat 24 September in Sasolburg plaasvind.
Die skole ringbalseisoen het pas afgeskop en kinders wat belangstel moet so gou as moontlik inval as hulle aan die SA skoletoenooi wat in die Oktober skoolvakansie gehou word, wil deelneem. Belangstellendes kan vir Linda Wilken by 076 117 6796 skakel of ‘n e-pos aan malleswilken@gmail.com stuur.
