SportSportSportSport

Noordvaal-glorie wink vir Valies

VANDERBIJLPARK. – Die junior rugbyspanne van die Hoërskool Transvalia en die Sasolburg Hoërskool gaan more moet uithaal en wys in die Noordvaal Virsekerbeker. Die Hoërskool Transvalia se o.14 en o.15-rugbyspanne kom nou in die halfeindronde van die Noordvaal Plaatafdeling onderskeideik tuis teen Zwartkop en weg teen Hoërskool Rustenburg te staan. Die o.14’s se kragmeting skop …

VANDERBIJLPARK. – Die junior rugbyspanne van die Hoërskool Transvalia en die Sasolburg Hoërskool gaan more moet uithaal en wys in die Noordvaal Virsekerbeker.

Die Hoërskool Transvalia se o.14 en o.15-rugbyspanne kom nou in die halfeindronde van die Noordvaal Plaatafdeling onderskeideik tuis teen Zwartkop en weg teen Hoërskool Rustenburg te staan. Die o.14’s se kragmeting skop more-oggend om 09:00 in Vanderbijlpark af.

Die o.15-rugbyspan van die Sasolburg Hoërkool (SHS) staan op die drumpel om rugbygeskiedenis te maak wanneer hy more in Pretoria teen Frans du Toit van Limpopo in die eindstryd van die Noordvaal Virsekerbeker te staan kom.

SHS het vir Linden net-net 15-14 in die halfeindronde geklop. SHS se o.16’s het ook ‘n puik seisoen beleef maar hulle opmars is in die halfeindronde gestuit toe hulle deur Riebeeckrand geklop is.

Die Vaal hou duim vas vir hierdie spanne. Bring daai bekers huis toe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button