SportSportSportSport

NWU Vaal is USSA en Valke-kampioen

Sukses kweek suskes. Daarvan is die Rugby Instituut van die Noordwes-Universiteit se Vanderbijlpark-kampus (NWU Vaal) ‘n sprekende voorbeeld. Die NWU Vaal se o.21-rugbyspan het onlangs in Pretroia nuwe betekenis aan die term hoë prestasie gegee toe hy as die rugbykampioen van die Universiteite Sport Suid-Afrika (USSA) se C-afdeling gekroon is. Die span het UKZN oortuigend …

Sukses kweek suskes. Daarvan is die Rugby Instituut van die Noordwes-Universiteit se Vanderbijlpark-kampus (NWU Vaal) ‘n sprekende voorbeeld.

Die NWU Vaal se o.21-rugbyspan het onlangs in Pretroia nuwe betekenis aan die term hoë prestasie gegee toe hy as die rugbykampioen van die Universiteite Sport Suid-Afrika (USSA) se C-afdeling gekroon is.

Die span het UKZN oortuigend met 31-7 in die eindstryd geklop. Die NWU Vaal is ook die Valke o.21-kampioen nadat hy Brakpan met 37-36 in ‘n naelbyt-eindstryd in die Peregrine Super-liga geklop het om sy titel te verdedig.

NWU Vaal se afrigtingspan nadat hulle USSA-toernooi se C-afdeling gewen het. Voor van links is: Karin- Mari Pretorius (fisio), Dewald Pieters (hoof-afrigter) en Gunder Williamson (hulp-afrigter). Agter: Shaun Meijer (voorsitter van die NWU Vaal Rugbyklub) en Johan du Toit (hulp-afrigter).

Die kampus se eerste rugbyspan het ook goed gevaar en tot die halfeindronde van die Peregrine-liga gevorder.

“Ons het vanjaar baie gelee en met so ‘n jong groep is ek baie positief vir die toekoms. Ons weet waar ons kan verbeter. Ons is geseend met ‘n goeie afrigtinspan. Ons wil aanstaande jaar ons senior spelers behou. Dit is bo-aan ons priototeitslys,” sê Dewald Pieters, hoofafrigter van die NWU Vaal Rugby Instituut.

“Ons strukture is so 80 persent in plek. Daar is ‘n paar dinge waaraan ons hard werk agter die skerms. Ons klub is baie jonk en die bestuur is redelik nuut, maar die bestuur glo inmekaar en ons glo dit sal deursyfer na die spelers toe.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button