Eerste skote klap in skole-liga
VANDERBIJLPARK. – Die eerste krieketspan van die Hoërskool Transvalia het Saterdag met sy oortuigende sege oor Driehoek ‘n vroeë waarskuwing aan die ander spanne in die Vaaldriehoek Hoërskolekrieket-liga gestuur. Transvalia het die kragmeting met sewe paaltjies beklink nadat die Hoekies vir ‘n beskeie 142/10 in 30.4 beurte uitgeboul is. La Morgane Massyn (4/38), Dylan Erasmus …
VANDERBIJLPARK. – Die eerste krieketspan van die Hoërskool Transvalia het Saterdag met sy oortuigende sege oor Driehoek ‘n vroeë waarskuwing aan die ander spanne in die Vaaldriehoek Hoërskolekrieket-liga gestuur.
Transvalia het die kragmeting met sewe paaltjies beklink nadat die Hoekies vir ‘n beskeie 142/10 in 30.4 beurte uitgeboul is.
La Morgane Massyn (4/38), Dylan Erasmus (3/24) en Dylan Steinmann (2/19) het die meeste skade aangerig.
Transvalia het daarna slegs 22 beurte benodig om die teiken verby te steek.
Kyle Cutler (34 van 51b), La Morgane Massyn (23 van 14b) en Ruben van der Merwe (22 van 45b) het die glans mooi van die bal af gespeel, waarna die kanonkolf van Rico Fourie (51 van 24) hard gebrul het om die wenlopies aan te teken.
Ander uitslae:
Volkskool klop SHS met 3 paaltjies en Dr. Malan klop Vereeniging Gimnasium met 9 paaltjies.
Die uitslag van die kragmeting tussen Overvaal en die Sedibeng Hub was teen druktyd nie beskikbaar nie.
Die bepalings vir eerskomende Saterdag is (tuisspan word eerste vermeld): Overvaal vs Dr. Malan, Transvalia vs Sedibeng Hub, Vereeniging Gimnasium vs Heidelberg Volkskool en Sasolburg Hoërskool vs Driehoek.


