SportSportSportSport

Onthou die naam Rico Fourie

VANDERBIJLPARK. – Of hy nou die beurt open en of hy in die middelorde kolf, lopies sal Rico Fourie opstapel. Die jong kolfkoning van Vanderbijlpark is bestem vir groter dinge. Dit het hy weer by die afgelope streeksweek vir o.17-spanne in Pretoria gewys. Die leerling aan die HS Transvalia in Vanderbijlpark het vanjaar die wêreld …

VANDERBIJLPARK. – Of hy nou die beurt open en of hy in die middelorde kolf, lopies sal Rico Fourie opstapel.

Die jong kolfkoning van Vanderbijlpark is bestem vir groter dinge. Dit het hy weer by die afgelope streeksweek vir o.17-spanne in Pretoria gewys. Die leerling aan die HS Transvalia in Vanderbijlpark het vanjaar die wêreld in die plaaslike skoleliga aan die brand gekolf om vir homself ‘n plek in die Gauteng Lions o.17-krieketspan te bespreek.

Rico Fourie lê die langsteel in tydens die streeksweek.

Die oud-Vaaldriehoeker Albert Morkel, ‘n legende in die Vaaldriehoek en pa van die Protea-krieketspelers Albie en Morne het altyd gesê dit is amper onmoontlik om uit die Vaaldriehoek ‘n Gauteng-span te haal.

Wel Rico Fourie het homself by ‘n uitgelese groep krietiekspelers aangesluit toe hy op 28 November by DP World Wanderers sy Gauteng-pet amptelik ontvang het.

Die Valie Rico Fourie (voor tweede van links) glimlag breed tydens die Gauteng Lions o.17 peroorhandiging-funskie.

Rico spog na dié week met ‘n gemiddeld van 49.3 lopies per beurt. Hy het vier keer gekolf en is twee keer as die Speler van die Wedstryd aangewys. Sy hoogste telling was 80. Onthou sy naam gerus want daar wink ‘n blink toekoms vir hom.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button