Voorlopige bepalings vir Peregrine-liga bekend
VANDERBIJLPARK. – Die voorlopige bepalings vir die Valke Rugbyunie se Peregrine-klubliga is bekend en dit is geen wonder dat die Vereeniging Rugbyklub (VRK) reeds swoeg en sweet op die oefenveld nie. VRK se eerste rugbyspan skop sy veldtog vanjaar in die Peregrine-liga op 25 Maart teen Springs af. Dié spanne is gewoonlik die pasaangeërs in …
VANDERBIJLPARK. – Die voorlopige bepalings vir die Valke Rugbyunie se Peregrine-klubliga is bekend en dit is geen wonder dat die Vereeniging Rugbyklub (VRK) reeds swoeg en sweet op die oefenveld nie.
VRK se eerste rugbyspan skop sy veldtog vanjaar in die Peregrine-liga op 25 Maart teen Springs af.
Dié spanne is gewoonlik die pasaangeërs in die liga en die kragmeting behoort ‘n goeie aanduiding te gee of dit vanjaar weer die geval gaan wees.
Die NWU Vaal se eerste ligabepaling is ook ‘n wegwedstryd wanneer hy Brakpan op sy tuisveld die stryd aansê. Die eerste plaaslike derby tussen VRK en NWU Vaal sal op 22 April plaasvind. Dit is jaarliks ‘n reuse-stryd wat baie toeskouers en belangstelling lok.
Die halfeindronde en eindstryd sal onderskeidelik op 5 en 12 Augustus beslis word.

Die voorlopige bepalings sien soos volg daarna uit: 01-Apr:
Springs vs Boksburg; Brakpan vs Benoni; NWU vs ERU en
Vereeniging vs loslooitjie.
15-Apr: Boksburg vs Vereeniging; ERU vs Springs; NWU vs Benoni en Brakpan vs loslooitjie.
22-Apr: Vereeniging vs NWU; Benoni vs Springs; ERU vs Brakpan enBoksburg vs loslooitji. e
6 Mei: Boksburg vs Brakpan, Vereeniging vs Benoni; NWU vs Springs en
ERU vs loslooitjie.
13 Mei: Springs vs Brakpan; Vereeniging vs ERU; Benoni vs Boksburg en
NWU vs loslooitjie.
20 Mei: Brakpan vs Vereeniging; Boksburg vs NWU; Benoni vs ERU en Springs vs loslooitjie. 3 Junie: Boksburg vs Springs; Benoni vs Brakpan; ERU vs NWU en Vereeniging vs loslooitjie.
10 Junie: Vereeniging vs Boksburg; Springs vs ERU; Benoni vs NWU en Brakpan vs loslooitjie.
24 Junie: NWU vs Vereeniging; Springs vs Benoni; Brakpan vs ERU en Boksburg vs loslooitjie.
1 Julie: Brakpan vs Boksburg; Benoni vs Vereeniging; Springs vs NWU en
ERU vs loslooitjie.
8 Julie: Brakpan vs Springs; ERU vs Vereeniging; Boksburg vs Benoni;
en NWU vs loslooitjie.
15 Julie: Vereeniging vs Brakpan; NWU vs Boksburg; ERU vs Benoni en
Springs vs loslooitjie.
Halfeindronde: 5 Augustus: 1 vs 4 en 2 vs 3
Eindstryd: 12-Aug
