SportSportSportSport

11-jarige is skaakkampioen

MIDVAAL. – Wat het Garry Kasparov,  Bobby Fischer en Magnus Carlsen in gemeen? Hulle almal is ontsagwekkende figure wanneer hulle agter ‘n swart -en wit geblokde “slagveld” inskuif. Die 11-jarige Armand Kotzee is die Vaaldriehoek se eie skaakster in wording. Hoewel hy noeg ver moet gaan om die status en titel as Grootmeester te bereik, …

MIDVAAL. – Wat het Garry Kasparov,  Bobby Fischer en Magnus Carlsen in gemeen? Hulle almal is ontsagwekkende figure wanneer hulle agter ‘n swart -en wit geblokde “slagveld” inskuif.

Die 11-jarige Armand Kotzee is die Vaaldriehoek se eie skaakster in wording. Hoewel hy noeg ver moet gaan om die status en titel as Grootmeester te bereik, is hy reeds op die bloedjong ouderdom ‘n intimiderende figuur agter ‘n skaakbord.

Armand Kotzee

Dit het hy bewys toe hy vroeër vandeesmaand as die Midvaal Skaakklub se Skaakkampioen  vir 2022 aangewys is. Die klub bestaan uit 26 lede en oefen elke Woensdagaand van 18:00 tot 20:00 by die Meyerton Sportklub in Jan Neethling straat.

Vir navrae en meer inligting besoek www.midvaalchess.co.za of loer gerus na die klub se Facebookblad. Of kontak JC by 060 730 5203 of Wilna by 076 764 1310.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button