SportSportSportSport
Langasems stof solank julle tekkies af
VANDERBIJLPARK. – Vaaldriehoekse langasems kan solank begin lippe aflek vir die Cape Gate Vaal Marathon en Sasol Marathon wat om die draai is. Die 48ste Cape Gate Vaal Marathon oor 42.2 km vind op 5 Maart in Vereeniging by die Dick Fourie stadion plaas. Daar wag vanjaar ‘n groot verrassing met ‘n 30km-wedloop wat vir …
VANDERBIJLPARK. – Vaaldriehoekse langasems kan solank begin lippe aflek vir die Cape Gate Vaal Marathon en Sasol Marathon wat om die draai is.
Die 48ste Cape Gate Vaal Marathon oor 42.2 km vind op 5 Maart in Vereeniging by die Dick Fourie stadion plaas. Daar wag vanjaar ‘n groot verrassing met ‘n 30km-wedloop wat vir die eerste keer plaasvind. Die marathon het voorheen slegs vir 42.2km-, 21.1km-, 10km- en 5km-wedlope voorsiening gemaak.

Op die 25ste Maart vind die Sasol Marathon in Sasolburg by die DP de Villier-stadion plaas. Dit is ook ‘n kwalifiserende marathon vir die Twee Oseane en Comrades Marathon.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
