Tonners is T20-konings
MEYERTON. – Die Meyerton Krieketklub is die plaaslike T20-klubkampioen nadat hy gistermiddag op sy tuisveld vir die Ratels met 24 lopies in die eindstryd geklop het. Die tuisspan is eerste ingestuur om te kolf en het 142/6 aangeteken. Die Tonners se aanvangspaar Wickus Botha (60 van 50b) en Ruan Janse Van Vuuren (31 van 27 …
MEYERTON. – Die Meyerton Krieketklub is die plaaslike T20-klubkampioen nadat hy gistermiddag op sy tuisveld vir die Ratels met 24 lopies in die eindstryd geklop het.
Die tuisspan is eerste ingestuur om te kolf en het 142/6 aangeteken. Die Tonners se aanvangspaar Wickus Botha (60 van 50b) en Ruan Janse Van Vuuren (31 van 27 balle) het die grondslag vir die oorwinning gelê.
Die besoekers het goed begin, maar die verwagte lopietempo het naderhand een te veel geraak. Vir die Ratels het HJ Warrington (20), Drikus janse van Vuuren (33), Shawn Du Plessis (33) dubbelsyfers gehaal, maar op die ou einde het hul lopiejaagtog in die 20ste beurt met telling op 118/5 tot ‘n stilstand gekom.
