SportSportSportSport
Interharte beloof spog-atletiek
SASOLBURG. – Een van die hoogtepunte op die plaaslike atletiekkalender die Interharte-byeenkoms vind more op die DP de Villiers-stadion in Sasolburg plaas. Die byeenkoms word jaarliks met onderskeiding deur die Hoërskool Driehoek van Vanderbijlpark aangebied. Die skole wat daar in aksie is, is Dr. EG Jansen, Dinamika, Driehoek, Heidelberg Volkskool en Dr. Malan. Ondanks die ander …
SASOLBURG. – Een van die hoogtepunte op die plaaslike atletiekkalender die Interharte-byeenkoms vind more op die DP de Villiers-stadion in Sasolburg plaas.
Die byeenkoms word jaarliks met onderskeiding deur die Hoërskool Driehoek van Vanderbijlpark aangebied. Die skole wat daar in aksie is, is Dr. EG Jansen, Dinamika, Driehoek, Heidelberg Volkskool en Dr. Malan.
Ondanks die ander deelnemende skole sal alle aandag op die Dokkies en die Hoekies se atlete gevestig wees. Die byeenkoms skop om 13:00 af.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
