AVT en distrikbyeenkomste gekombineer
Vanjaar sal die geleentheid om vir ASA Nasionale Kampioenskappe te kwalifiseer, plaasvind by die Sedibeng Distrik en AVT Kampioenskappe. Die byeenkomste vind op 24 Februarie 2023 by DP de Villiers-stadion in Sasolburg plaas. Hierdie byeenkoms is ‘n gekombineerde byeenkoms van Sedibeng-Oos, Sedibeng-Wes en die AVT Klubkampioenskappe. Soos in die verlede, sal elke distrik hul groepkampioenskappe …

Vanjaar sal die geleentheid om vir ASA Nasionale Kampioenskappe te kwalifiseer, plaasvind
by die Sedibeng Distrik en AVT Kampioenskappe.
Die byeenkomste vind op 24 Februarie 2023 by DP de Villiers-stadion in Sasolburg plaas. Hierdie byeenkoms is ‘n gekombineerde byeenkoms van Sedibeng-Oos, Sedibeng-Wes en die AVT Klubkampioenskappe.
Soos in die verlede, sal elke distrik hul groepkampioenskappe hou en ‘n span kies wat aan die Distrikkampioenskappe sal deelneem. Hierdie jaar is die Sedibeng Oos- en Wes-kampioenskappe gekombineer. Enige atleet wat vir watter rede ookal nie kwalifiseer nie, mag vir sy klub met ‘n geldige ASA 2023 nommer deelneem.
Atlete wat o.14 is maar nog in die Laerskool is, word aangemoedig om vir hul klub by dié kampioenskappe mee te ding. Hierdie byeenkoms is ook oop vir ons senior atlete. Skoolatlete wat nie gekies is nie by die groep (cluster) kampioenskape sal die skakel moet registreer.
Hierdie atlete moet ‘n geregistreerde 2023-klublid wes en sal met ‘n geldige ASA-lisensienommer moet meeding.
Elke skoolatleet wat vir ‘n klub gaan deelneem
sal steeds in aanmerking kom om vir die onderskeie distrikspanne oorweeg te word. Hierdie atlete sal dus die korrekte dokumente na die byeenkoms op 24 February moet saambring
Daar sal ‘n Sedibeng-Oos (Vereeniging-omgewing) en Sedibeng-Wes span gekies word om aan die Gauteng Kampioenskap deel te neem.
Atletiek Vaaldriehoek sal ‘n aparte span kies wat AVT by die ASA Kampioenskap gaan verteenwoordig.
ASA het nuwe kwalifikasiestandaarde wat ons sal gebruik, maar ons is beperk toT die aantal atlete wat in die spanne mag wees. Sou ‘n atleet die
kwalifikasiestandaard behaal maar nie in die span is nie, mag hy of sy deur die provinsie as ‘n individuele atleet inskryf.
AVT is ook hier beperk. Dus sal ‘n atleet se Insluiting as ‘n individuele inskrywing ook afhang van die atlete se rangorde in die provinsie, in ooreenstemming met die uitslae van die Sedibeng/AVT-kampioenskappe.
Geen atleet wat nie gekwalifiseer het nie, sal in aanmerking kom om AVT (span of individu) by die Kampioenskappe te verteenwoordig nie. Alle kostes vir alle atlete moet ongelukkig self gefinansier word.
Daar sal vervoer en verblyf wees vir die Jeug- en Juniorspan wat na Pietermaritzburg gaan. Die atlete sal egter hul eie kostes moet dek indien hulle hiervan gebruik maak.
Die ASA Senior Kampioenskap word in Potchefstroom gehou.
Die datums is soos volg:
23-25 Maart 2023 (Pietermaritzburg) – Jeug en Junior Kampioenskappe
30, 31 Maart en 1 April 2023 (Potchefstroom) – Senior en Multi items.
Daar is geen spanverblyf of vervoer na Potchefstroom nie.
Indien ‘n atleet oorweeg wil word om aan die Multi-items deel te neem, moet hy of sy kan bewys dat hy of sy vanjaar aan al die items deelgeneem het en aan aanvaarbare standaarde voldoen het. Die programme en skakel vir klubatlete om in te skryf is hiernaas aangeheg.
Aangesien die sub-jeug Inter Provinsiaal slegs 1 Desember 2023 is, sal die o.7-o.13-atlete die geleentheid kry om by ons ligabyeenkomste in Oktober en November te kwalifiseer.
Hioer’s die skakel om in te skryf vir die Sedibeng/AVT-kampioenskappe:
https://docs.google.com/forms/d/e/1%20FAlpQLSfJxmU4Qtp1%20mm7HoKUepg221%20BCcJtb9%20MBFr%20Hqu1Advtgp4xw/viewform?usp=pp%20url
Hierdie skakel sluit op Woensdag 22 Februarie. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.
