SportSportSportSport

Emfuleni Gholfklub een van top 100 in SA

VANDERBIJLPARK. – Na 17 maer jare het die Emfuleni Gholf- en Buiteklub soos ‘n feniks uit die asse herrys. Die klub is volgens www.satop100cours-es.com as die 98ste beste gholfbaan in Suid-Afrika aangewys. As daar in ag geneem word hoe die baan ses jaar gelede gelyk het, sal mens verstaan waaarom daar rede vir soveel opgewondenheid …

VANDERBIJLPARK. – Na 17 maer jare het die Emfuleni Gholf- en Buiteklub soos ‘n feniks uit die asse herrys.
Die klub is volgens www.satop100cours-es.com as die 98ste beste gholfbaan in Suid-Afrika aangewys.

As daar in ag geneem word hoe die baan ses jaar gelede gelyk het, sal mens verstaan waaarom daar rede vir soveel opgewondenheid is. Die baan was erg verwaarloos deur sy vorige eienaar, ‘n Koreanse sakeman, Sy Kim.

Die klub was selfs nog tot 2005 as een van die 60 beste bane in SA aangewys, maar weens wanbestuur en swak instandhouding is die baan later deur die Sentraal Gauteng Gholf-unie as swak en onspeelbaar vir ligas verklaar.

Die huiseienaarsvereniging het in 2018 die gholfbaan gesamentlik oorgekoop en Timeless Golf is deur hulle aangestel om die setperke en sandkuile tot hulle voorma-lige glorie te herstel en soos hulle sê, is die res geskiedenis.
“Dit is ‘n baie groot prestasie vir ons om weer onder die top 100 te wees. Ons is bly die harde werk en lang ure het vrugte afgewerp,” sê Aldo Grobbelaar, klubkaptein van die klub.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: [email protected]
Back to top button