SportSportSportSport

Leeus pluk Valke se vere

VANDERBIJLPARK. – Dit is beslis nie die begin waarvoor Valke gewens het nie, maar daar moet darem nog baie water in die see loop. Die Valke se o.20-span se neuse is letterlik en figuurlik verlede Vrydag (17 Bebruarie) op die NWU Vaal se hoofveld in die modder gevryf toe hy met 73-7 deur die Leeus …

VANDERBIJLPARK. – Dit is beslis nie die begin waarvoor Valke gewens het nie, maar daar moet darem nog baie water in die see loop.

Die Valke se o.20-span se neuse is letterlik en figuurlik verlede Vrydag (17 Bebruarie) op die NWU Vaal se hoofveld in die modder gevryf toe hy met 73-7 deur die Leeus in SA Rugby se o.20-beker gekarnuffel is.

Die Valke het gesukkel om in die sopnat omstandighede aan te pas en hoewel daar opflikkeringe was het die Leeus die vaste fasette en die telbord oorheers.

Die rustydtelling was 38-0 in die besoekers se guns. Die Valke spog met ‘n paar NWU Vaal-spelers (Jordan Jordaan, Slade Jacobs, Slade Jacobs, Juan Ryan, Michael Ryan en Ryno Williams) in sy geledere. Dié word deur NWU Vaal se eie breiers Dewald Pieters en Gunder Williamson afgerig wat verlede jaar die skild-afdeling gewen het.

Hierdie is egter ‘n trappie hoër en daar is geen wegkruip plek in die kompetisie nie, nie dat die Skarlakenrooies skuiling soek nie. Hulle het wel ‘n loesing gekry maar sal met mening eerskomende Vrydag teen die Cheetahs verlore aansien wil herwin.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button