Alle rugbypaaie lei na HS Driehoek
VANDERBIJLPARK. – Alle oë gaan vandag op die HS Driehoek se rugbyvelde gevestig wees, wanneer die NWU Vaal se Friday Night Lights-rugbyreeks vir o.11 en o.13-spanne afskop. Die plaaslike skole wat aan die jaarlikse reeks deelneem is: Kollegepark, Eliga,Vryheidsminument, Emfulenipark en DF Malherbe. Die eerste wedstryde skop om 15:00 af wanneer TP Stratten en DF …

VANDERBIJLPARK. – Alle oë gaan vandag op die HS Driehoek se rugbyvelde gevestig wees, wanneer die NWU Vaal se Friday Night Lights-rugbyreeks vir o.11 en o.13-spanne afskop.
Die plaaslike skole wat aan die jaarlikse reeks deelneem is: Kollegepark, Eliga,Vryheidsminument, Emfulenipark en DF Malherbe.
Die eerste wedstryde skop om 15:00 af wanneer TP Stratten en DF Malherbe se o.11-spanne mekaar die stryd aansê. Die ander bepalings vir vandag se kragmetings is:
15:50: o.11: Eligwa vs Kollegepark; 16:40: o.13: TP Stratten vs Eligwa; 17:30: o.13: Emfulenipark vs Vryheidsmonument en 18:20: o.13: DF Malherbe vs Kollegepark.
Aanstaande Vrydag 10 Maart sal die Hoërskool Transvalia gasheer vir die volgende rondte speel.
