SportSportSportSport

Bosman-bloed bruis in VRK se are

VEREENIGING. – Die Bosmans en die Vereeniging Rugbyklub (VRK) loop hand aan hand. Die klub het die seisoen met trots aangekondig dat ‘n derde generasie Bosman, VRK se eerste rugbyspan gaan aanvoer. Koos Bosman (jr.) het Saterdag teen Springs in sy 87ste wedstryd vir VRK se eerstes die derde Bosman geword om die Kiewiete op …

VEREENIGING. – Die Bosmans en die Vereeniging Rugbyklub (VRK) loop hand aan hand.
Die klub het die seisoen met trots aangekondig dat ‘n derde generasie Bosman, VRK se eerste rugbyspan gaan aanvoer.

Koos Bosman (jr.) het Saterdag teen Springs in sy 87ste wedstryd vir VRK se eerstes die derde Bosman geword om die Kiewiete op die veld te lei. Hy volg in die voetspore van sy legendariese oupa, Piet Bosman, wat van 1963 tot 1972 kaptein was.

Oom Piet was ook die voorsitter van VRK. Koos (jr.) se oom Duitser, die voormalige uitvoerende bestuurder van die Varsity Cup, het in die laat 90’s ook voor gedraf.

Om die kersie op die koek te sit, is Pieter Bosman, ondervoorsitter van VRK, se vrou Anjelica, ook die kaptein van Vereeniging hokkieklub se eerstespan wat verlede naweek hulle eerste ligawedstryd teen Westbury gespeel het.

Koos Bosman (sr.) het ook in sy pa se voetspore gevolg en was tot verlede jaar die voorsitter van VRK. Sy seun Pieter volg in sy voetspore en is tans ondervoorsitter van die klub. Die Bosmans is ware dienaars van die spel en van VRK. Hul nalatenskap sal vir ewig onthou en waardeer word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button