SportSportSportSport

Anje ASA-kampioen waardig en welverdiend

VANDERBIJLPARK. – Anje Holtzhausen, spog-atleet van Vereeniging Gimnasium, het tydens die pasagelope ASA Baan en Veld Kampioenskap vir o.16’s, o.18’s en o.20’s in Pietermaritzburg verskeie struikblokke oorkom om as die o.18-hamergooikampioen gekroon te word. Anje het nie net al haar teenstanders uitgestof nie. Daar is vier keer teen haar appél aangeteken maar sy is op …

VANDERBIJLPARK. – Anje Holtzhausen, spog-atleet van Vereeniging Gimnasium, het tydens die pasagelope ASA Baan en Veld Kampioenskap vir o.16’s, o.18’s en o.20’s in Pietermaritzburg verskeie struikblokke oorkom om as die o.18-hamergooikampioen gekroon te word.

Anje het nie net al haar teenstanders uitgestof nie. Daar is vier keer teen haar appél aangeteken maar sy is op die ou einde as die wenner met puik gooi van 56.06 m gekroon. Sy het haar mede-Valie Jaylin van Dyk (53.38m) van die HS Transvalia uitgestof om die titel en 964 tabelpunte te verwerf.

*Vaalweekblad vra om verskoning dat Anje se foto per abuis nie in die gedrukte weergawe van Vaalweekblad saam met die ander vyf plaaslike ASA-kampioene gepubliseer is nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button