VANDERBIJLPARK. – Die Valke Rugbyunie het Saterdag 9 September gemengde welslae in die eerste rondte van die Gold Cup gehad.
Springs rugbyklub, een van die Valke se verteenwoordigers in Gold Cup, het die Leeus se voorste klub Pirates met 41-11 ʼn goeie loesing gegee.
Die eerste rugbyspan van Vereeniging Rugbyklub (VRK) het hand -en tand terugbaklei maar Raiders het op die ou einde met 43-34 geseëvier. Die 13 punte wat VRK mis geskop het, het hom uiteindelik duur te staan gekom.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
