VANDERBIJLPARK. – Haar liefde vir die langpad het aan die 10-jarige Miané de Clerc, ‘n leerling aan die Laerskool Kollegepark in Vanderbijlpark, die nodige dryfkrag besorg om die 2023 Suid-Afrikaanse Landlooptitel vir o.11-dogters agter haar saam te skryf.
Sy was ook nie die enigste Vaaldriehoeker wat ‘n podiumplek by die SA Skolebyeenkoms behaal het nie. Minjunet Smit van die HS Dr. Malan in Meyerton het ‘n derde plek in haar ouderdomsgroep behaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
