ReviewsSportSportSport

Nuwe sportbesems vir Valia

2024 staan vol belofte en wink vir Transvalia se nuwe sportdirekteure

VANDERBIJLPARK. – As jy jou neus wil voorhou op sportgebied moet jy voortdurend streef na uitnemendheid.

Die HS Transvalia is nie verniet ‘n toonaangewende skool in die Vaaldriehoek nie. Valia het vroeër vandeesmaand drie  belangrikste skakels in hulle sportketting vervang. Stephan de Villiers ‘n bekende in afrigter in krieketkringe is aangestel as sy Alma Mater se direkteur van krieket en atletiek.

Hy het die algelope twee jaar die Sedibeng o.14 en o.15-krieketspan afgerig en wil nuwe spore by Valia agterlaat. LInda Heymans wat as Direkteur van hokkie en atletiek aangestel. Sy is ‘n bedrewe afrigter en skeidsregter en gaan saam met de Villiers ‘n gedugte span maak.

Transvalia spog ook met nuwe hoë prestasie hokkie afrigter. Sebastiaan Kok, rig al sedert 2021 by Valia af en sy vernuf en kennis is raakgesien en beloon.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button