Groot pret by Cobras se familiedag
As jy die lang naweek op die regte noot wil afskop is die Sasolburg Rugbyklub se familiedag die regte plek
SASOLBURG . – Die Sasolburg Rugbyklub bied Saterdag 15 Junie by die DP de Villiers-stadion ‘n lekker familiedag propvol pret en plesier aan. Die spilpunt van die dag is die rugbywedstryde tussen die Cobras en die Nigel Rugbyklub.
Die aktiwiteite van die dag sluit voorts boeresport, ‘n parkrun en ander prettighede in. Daar gaan springkastele vir die kleinspan wees en stalletjies vir diegene wat se geld ‘n gat in hul sak brand.
Vir die fliekvlooie gaan daar ook ‘n bederf of twee wees. Die droë kele en honger magies gaan ook voor gesorg word.
Toegang is R20 per persoon en R20 per kar.
Die program lyk soos volg:
08:00: Parkrun
09:00: Tik Tok Challenges
10:00: Musical Chairs
10:30: Kruiwastoot
11:00: Driebeen-wedren
12:00: Kinderfliek
13:15: u.21 raakrugby 10 aan ‘n kant
14:40: Cobras 2 vs Nigel 2
16:00: Cobras 1 vs Nigel 1
16:00: Bulls halfeindstryd
