Gert Tsotetsi, adjunk-president van die Valke, spreek die spelers en ouers toe tydens die amptelike opening van die Rhinoweek.
VANDERBIJLPARK. – Die Rhinoweek Streeksweek vir Hoërskole het vandag op die VUT Isak Steyl-stadion in Vanderbijlpark afgeskop.
Sedibeng se vyf rugbyspanne het ‘n goeie dag beleef met drie van sy spanne wat koning gekraai het.
In die hoofwedstryd van die dag het Sedibeng se o.19-rugbyspan ‘n puik vertoning teen die WP Cowboys gelewer om net-net met 22-19 die onderspit te delf.
Sedibeng se o.15’s het die BHS Panthers met 43-0 geklop terwyl die o.17 RCSA met 62-0 ore aangesit het.
Sedibeng se o.14’s was vir die grootste sege van die dag verantwoordelik toe hy die Cobras met 94-0 verniel het.
Die hoofwedstryde van die week vind eerskomende Saterdag 22 Junie plaas.
Sedibeng in aksie teen die Griffons. Foto: Ettienne van RensburgLynstaan-aksie tydens die Rhinoweek.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za